Tuis

Geskiedenis en kulturele erfenis is besig om verlore te raak vir die jonger geslag. Die bewaring van
kultuurgebruike en geskiedkundige gedenkwaardighede is van kritiese belang vir die voortbestaan van ons kultuurerfenis.
Die Rapportryerbeweging, Voortrekkers en Landsdiens beywer hulle om die Afrikaner kultuurerfenis tebewaar en te bevorder.
Op 8 Mei 2021 word ‘n unieke geleentheid by 8 Myl buite Kimberley aangebied om fondse vir die
bewaring en instandhouding van monumente by Magersfontein, Paardeberg, Modderrivier en Kimberleyin te samel.


‘n Volledige Voortrekkerlaer met ossewaens word op 8 Myl ontplooi. Besoekers het die geleentheid om
die lewe in die laer te beleef, te sien hoe produkte soos kerse, skoene, wawiele en verskeie kosprodukte
voorerei word en deel te neem aan laeraktiwiteite en boeresport.


Die aand word afgesluit met ‘n tradisionele ete uit die laerkombuis bestaande uit geregte soos
wildsvleis, boontjiebredie, pampoenpoffertjies, vars brood en kaiings gemmerrolletjies en room en
gemmerbier en koffie.

Open chat
Kontak ons via Whatsapp
Hello

Hoe kan ons help?

Groete
Die In die Laer -span