In die Laer 2021

Die aanbied van die eerste In Die Laer in Mei 2021 was n groot sukses en is deur ongeveer 900 besoekers bygewoon.
Vir baie besoekers was dit hul eerste kennismaak met n ossewa en die leefwyse van die Voortrekkers.
Verskeie vertonings en vertellings oor die leefwyse van die Voortrekkers het die dag in n lewendige museum omskep.
Besoekers is blootgestel aan gebruike soos die karring van botter, die bak van brood, die giet van loodkoƫls en die laai en vuur van n voorlaaiergeweer.
Gedurende die dag is verskillende boeresport speletjies vir die kinders aangebied.
n Verskeidenheid stalletjies het verwante produkte soos leerwerk, houtwerk, vars groente, vars brood, pannekoek, braaivleis en gebakte skaapkoppe aangebied.
 Die dag is afgesluit met n tradisionele ete van produkte wat in die wa beskikbaar was.
Daar is gesmul aan wildspastei, sosaties, koring, rys, pampoenpoffertjies, pap en kaings en koeksisters.
‘n Tradisionele program soos in die Voortrekkerlaer is die aan gevolg met skriflesing, samesang en die vertel van verhale en ondervindinge gedurende die Groot Trek.
Dit was voorwaar n belewenis van die lewe in die laer en het bygedra tot die bevordering van kulturele erfenis.

Open chat
Kontak ons via Whatsapp
Hello

Hoe kan ons help?

Groete
Die In die Laer -span